Wurmplan-nuus: Watter haarwurmmiddel moet ek gebruik?

Estimated reading time: 2 minutes

Haarwurm is die algemeenste somerparasiet in baie dele van die Karoo. Die eiers is in die veld en as daar genoeg vog en nagtemperature bo 10 tot 15 °C is vir drie weke, broei die larwes uit en klim op die gras met die dou.

Vee kan slegs die larwes inneem as daar gras is. Na 21 dae begin die volwasse haarwurms bloed suig. In ons omgewing by Steynsburg, was daar ongewone hoeveelhede vroeë lentereën wat waarskynlik gedurende November tot ‘n haarwurmuitbreking sal lei.

Volwasse skape en bokke wat gedurende die winter haarwurmparasiete in die melkmaag (abomasum) gehad het, kan voldoende immuniteit hê om so uitbreking die hoof te bied. Jong lammers wat net drie of vier weke oud is, kan baie vatbaar wees as hulle aan baie larwes blootgestel word. Hulle het nog nie genoeg immuniteit teen die parasiet opgebou nie.

Die afgelope paar jaar het ons toenemend gesien dat haarwurm weerstandig geword het teen die vyf belangrikste groepe middels. Dit lyk dikwels of die produkte steeds effektief is, maar ons het tog baie gevalle gehad waar miseiertellings, veral by lammers, nie na dosering afneem nie. Daarom moet produsente uitvind watter middels steeds goed op hulle plaas werk om geldmors te vermy.

Mismonsters en die vyfpuntplan

Dit is daarom goed om mismonsters van jou kuddes so gou as moontlik te neem en by jou veearts te laat toets om te sien of daar haarwurms is. ʼn Maandelikse monster tesame met die vyfpuntplan op lammers gedoen behoort voldoende waarskuwing te gee indien die wurmpopulasies toeneem. Wanneer ons bevind dat die tellings in ‘n kudde 4 000 haarwurmeiers per gram of meer bereik het, kan ons ‘n miseiertelling-reduksietoets (METRED-toets) op die kudde doen om te bepaal watter van die vyf groepe middels die beste werk.

Die METRED-toets vereis dat ons vyf groepe van 20 diere doseer met vyf produkte wat die vyf groepe verteenwoordig. Ons merk die skape en neem ‘n mismonster van elke skaap voor dosering, en weer na tien dae. As ons voldoende monsters van alle areas in ons omgewing ontvang, sal ons ‘n kaart kan teken van die uitbrekings en watter produkte die beste werk.

Intussen, vermy asseblief dosering van diere wat dit nie benodig nie. Dit mors nie net baie geld nie, maar dit dra ook grootliks tot die toenemende weerstandigheid teen wurmmiddels by. – Dr Johan van Rooyen, Steynsburg-dierehospitaal

Steynsburg-dierehospitaal lei produsente en hul personeel gratis op om doelgerigte selektiewe dosering toe te pas met behulp van die Famacha-kaart. Vir meer inligting, kontak dr Johan Van Rooyen by 082 463 3087, of Wandile Khave by 066 303 6271 (Whatsapp), of Choppa Siko by 071 123 0470.

Must read

Charl Saunderson - 2024 Veeplaas Klimaatslim Amabassadeurprojek-finalis

RSG Landbou: 29 Mei 2024 – geborg deur Plaas Media

Charl Saunderson van Kenhardt in die Noord-Kaap is een van die finaliste in die Veeplaas Klimaastlim Ambassadeurprojek. Koos du Pisanie kuier by hierdie dorperboer op sy plaas in die Boesmanland om uit te vind...
red wine Shiraz rooiwyn Shiraz

South Africa Wine Summit: Repositioning for greater sustainability

Estimated reading time: 11 minutes South Africa Wine, the national body representing wine grape producers, cellars, wine-related businesses, and wholesalers in South Africa, hosted its first Wine Summit at the Cape Town International Convention...
SAPPO hosted a Baconer’s Brunch in Pretoria recently where role-players in the pork industry could share ideas.

Top nutritionist says SA must prioritise meat consumption

Estimated reading time: 5 minutes Renowned nutritionist, Prof Hettie Schönfeldt, says that South Africans generally need to consume more animal products due to significant differences in local dietary deficiencies compared to those faced by...
Dr Böhmer Vaardigheidskool / School of Skills

RSG Landbou: 28 Mei 2024 – geborg deur Plaas Media

Volgens Marina van der Merwe van Potchefstroom is ‘n miniatuurdonkie die ideale troeteldier. Ons het tydens Nampo met haar oor die teel, aanhou en voeding van dié donkies gesels. Nutri Feeds se betrokkenheid by die...

Katoen-verwysingsprys: Week van 20 tot 24 Mei

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...