HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 26 Oktober 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 26 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Vind meer uit oor die hoogtepunte van die Nasionale Vleisbeespresteerderstoekennings, ‘n virtuele geleentheid wat op 23 November deur die Landbounavorsingsraad aangebied word. Dr Ben Greyling onthul die doel en bespreek die sewe kategorieë in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Ons hoor wat Pieter de Jager van Albertinia te sê gehad het nadat hy Vrydagaand as die 2023 Graan SA Graanprodusent van die Jaar aangewys is.

Die gesamentlike groenteprojek van AfriForum en Thabake Business Enterprises het ‘n suksesvolle oes opgelewer. Blomkool en broccoli is al op die mark, en kool volg binnekort. Lebo Mosime het in 2022 vir Afriforum genader om haar kleinskaal-groenteboerdery uit te brei en Leon Lourens van Saai gee terugvoer.

Johan van den Berg is ook soos oudergewoonte op sy pos met nuus oor die weer.

Daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is en ons kan ook hoor of vleispryse steeds onder druk is.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Ekonomiese oorsig vir April: Landboumarkte wissel

Estimated reading time: 3 minutes Die rand het tydens April redelik sywaarts beweeg en gedurende die middel van April verswak, maar het weer goed versterk,...